Description
Watter tipe uitstallers soek ons?
Snuffelmark uitstallers:
Spesiaal vir uitstallers met kreatiewe, selfvervaardigde, handewerk produkte. (Nie vir ‘Sjinese’ vlooimark items nie.) Slegs handgemaakte produkte, asook klere (dit sluit leerhandsakke en vellies in), juwele of kuns.
Plaas-proe produkte:
Landbouprodusente of selfgemaakte (‘handcrafted’) vars of verwerkte (bv. vleis, suiwel, groente, konfyte, souse, brode, fyngebak, en alkoholiese produkte – soos bv. gin) produkte. Geen wegneemetes of wegneemdrankies nie.
*Onderhewig aan goedkeuring en beskikbaarheid.
Stalletjie is eers bevestig sodra 100% betaling ontvang is


