Wanneer jy dink aan die hartklop van plaaslike samewerking, kultuurviering en landboutrots – dink aan die Vivo Boerebemarkingsdag, wat vanjaar op 22 en 23 Augustus 2025 plaasvind en beloof om groter, beter en méér as ooit te wees.
As die grootste landbou ekspo in Limpopo, bied die Boerebemarkingsdag ’n indrukwekkende program van gebeure: van die grootste aartappelsakkie-uitstalling in Suid-Afrika en die eerste en grootste boerekep-uitstalling in die land, tot nuutste landboutegnologie in aksie tydens demonstrasies, ’n massiewe Aartappel SA vergadering en insiggewende Maroela Media paneelgesprekke.
Die Vivo Boerebemarkingsdag bly steeds die hoof fondsinsamelingsprojek vir CVO Skool Vivo, maar volgens Zanita Botha, woordvoerder van die skool, is dit soveel meer: “Die Boerebemarkingsdag het ’n groot invloed gehad op die ontwikkeling van die skool se kultuur,” sê sy. “Dit het ’n gevoel van trots en samehorigheid binne die skoolgemeenskap geskep. Tradisies, waardes en plaaslike kultuur word hier gedeel en gevier – en dit versterk die unieke identiteit van ons skool.”
Eloff sorg vir ’n feestelike Vrydagaand en Ricus Nel vermaak die gehoor Saterdagaand. Met meer as 100 landbou-uitstallers, 30+ MammaMall stalletjies, ’n Vrouefees propvol DIY-klasse, kinderspeletjies, en ’n keur van plaaslike disse – van die kerktannie se stokworsies tot die plaaslike pizza-waentjie – is daar iets vir elkeen.
Wat hierdie dag werklik uniek maak, is hoe dit die hele gemeenskap saambind.
“Boere, besighede en ouers werk saam, help met stalletjies, donasies of bloot net deur op te daag,” sê Botha. “Hierdie samewerking versterk nie net die skool nie, maar ook die gemeenskap self.”
As jy deel wil wees van hierdie buitengewone naweek wat plaaslike trots en vooruitgang vier – klik NOU hier om jou uitstalspasie te bespreek.
R24 500
D blokke
R17 400
B blokke
R14 800
C blokke
R8 600
A blokke