Eksklusief vir 2025-uitstallers | Jou 10% afslag wag!
Beste 2025 Uitstaller
As ’n bedanking vir jou bydrae tot die sukses en die energie van Vivo Boerebemarkingsdag 2025, het ons iets besonders vir jou voorberei: ’n eksklusiewe 10% afslag op jou registrasie vir 2026. Dit is ons manier om te sê: dankie dat julle deel was van die grootste landbou-ekspo in Limpopo, en ons wil hê julle moet eerste wees om voordeel te trek van die opwindende geleenthede wat voorlê.
Die proses:
- Registreer of teken in op jou profiel op webblad. Maak seker om die e-posadres wat jy in 2025 vir jou bespreking gebruik het, weer te gebruik.
- Sodra jy ingeteken het, sal die stelsel outomaties herken dat jy ’n 2025-landbou-uitstaller was en die 10% afslag by jou mandjie voeg wanneer jy jou stalletjie vir 2026 bespreek.
Merk jou kalender: die aanbod begin op 7 April en is slegs tot 7 Mei beskikbaar.
Ons werk reeds hard aan 2026 se program en beplan om nog meer waarde, innovasie en energie vir uitstallers te bring. Hierdie afslag gee jou die kans om jou plek vroegtydig te verseker en jou uitstallingsstrategie met ’n voorsprong aan te pak.
Vir enige navrae of ondersteuning om by die regte profiel ingeteken te word, kontak ons gerus by 068 105 7365 of stuur ‘n e-pos na info@vivoboeredag.co.za.