Oor CVO Skool Vivo

CVO Skool Vivo is ’n Christelik‑Afrikaanse, onafhanklike kombineerskool geleë in Vivo, Limpopo, Suid‑Afrika wat sedert 1996 begin is en vandag ’n trotse instelling met amper 200 leerlinge en ’n toegewyde onderwysspan is.

Die skool is ‘n kultuurtuiste vir Afrikaner en volg ’n gereformeerde Christelike wêreldbeskouing waar die leuse “Ek lewe in U lig” die kern vorm van die alledaagse lewe en leer.

Die strewe van CVO Skool Vivo

Ons verbind ons daartoe om ’n kultuur van bemeestering te vestig waarin personeel voortdurend ontwikkel, toegerus en bemagtig word om met roeping-gedrewe professionaliteit te lei en te onderrig. Deur oop, eerlike en tydige kommunikasie bou ons vertroue, bevorder ons deursigtigheid, en skep ons duidelikheid in alle vlakke van die skool se funksionering.

Ons vestig die skool as spilpunt van die gemeenskap — ’n plek waar geloof, kultuur, samewerking en diens mekaar versterk, en waar ons Christelike roeping nie net binne die klaskamer leef nie, maar ook in die gemeenskap se welstand en toekoms.

In die hart van ons strewe is die akademie: ons skep ’n leerkultuur waarin elke opvoeder doelgerig daarna streef om elke leerling te ontmoet waar hy of sy is, en hulle te neem na waar hulle kan wees — deur relevante onderrig, vaardigheidontwikkeling, betekenisvolle assessering en tydige ondersteuning wat groei ontsluit. Sodat elke leerling met selfvertroue hul plek in die gemeenskap en wêreld kan volstaan.

Ons bou ’n leierskap- en kultuurklimaat van vertroue, waar personeellede eienaarskap neem, inisiatief wys en mekaar met empatie aanspreeklik hou, sodat die skool se karakter en roeping konsekwent weerspieël word.

Só wil CVO Skool Vivo te alle tye staan as ’n navolgingswaardige voorbeeld van die opvoeder in die praktyk, die Christelike en volkseie karakter van die skool weerspieël, en voortdurend geleenthede skep waardeur elke leerder kan groei tot ’n gebalanseerde jongmens van edele inbors en karakter — met volle potensiaal wat deur uitnemendheid ontwikkel word.

Hoe die skool groei

CVO Skool Vivo het begin as ’n gemeenskapsinitiatief en het oor die jare gegroei tot die instelling wat dit vandag is, ’n skool wat nie net goed presteer akademies nie, maar ook ’n lewende deel van die gemeenskap se hart en toekoms geword het. Die skool se ontwikkeling word deur die jare lank gefinansier deur die gesamentlike ondersteuning van ouers, vrywilligers en landbougemeenskapsprojekte soos die Vivo Boerebemarkingsdag.

Verbintenis tot die gemeenskap

’n Unieke aspek van CVO Skool Vivo is hoe dit hande vat met plaaslike boere en besighede. Deur die Vivo Boerebemarkingsdag te fasiliteer, voorsien die gemeenskap fondse aan vir skole‑programme, verbeteringsprojekte en leeraktiwiteite. Hierdie boeredag het oor die jare ontwikkel tot Limpopo se grootste landbou‑ekspo en dien as ’n kernfondsinsamelingsprojek vir die skool.

Die opbrengs word gebruik om onder meer leermateriaal, fasiliteite en opvoedkundige programme te ondersteun, alles ten bate van die leerders se toekoms en ontwikkeling.

Jou ondersteuning maak ’n verskil

Indien jy die strewe van CVO Skool Vivo verder wil ondersteun, kan jy ’n bydrae maak en help om elke leerder se ervaring ryk en betekenisvol te laat wees.

Platinum
pakket

R24 500
D blokke

Goue
pakket

R17 400
B blokke

Standaard
pakket

R14 800
C blokke

Mikro
pakket

R8 600
A blokke

Mammamall
stalletjies

R1 800

kos-
stalletjies

R3 750