Van die bekendes wat hierdie jaar tussen 12 en 14 Oktober by die Vivo Boerebemarkingsdag in Vivo, Limpopo, gaan sorg vir vermaak, is die sanger Prop en die komediant Mel die Storieverteller.
Die Vivo Boerebemarkingsdag, die grootste landbou-ekspo in Limpopo, het ontstaan as ’n fondsinsamelingsprojek vir die plaaslike CVO-skool, en het oor die jare van net ’n boeredag tot die grootste landbouskou in Limpopo gegroei.
Die opwinding loop hoog soos wat die laaste voorbereidings vir die fees in die klein dorpie getref word. Talle stalletjies by die mamma-mall, kindervermaak en ‘n kinderarea, paneelgesprekke, uitstallers, veeveilings, landboudemonstrasies en natuurlik vermaak is alles waarna jy en jou gesin kan uitsien.
Prop het in ‘n onderhoud gespot en gesê dat hy gerat is vir Vivo se hitte met ‘n lekker fan agter op die verhoog.
Bok van Blerk, een van Suid-Afrika se top Afrikaanse sangers, sal Saterdagaand optree.
Tydens ‘n regstreekse onderhoud met Stephanie van der Merwe het Melanie du Toit, beter bekend as Mel die Storieverteller, vertel sy is baie opgewonde om vir die eerste keer in Vivo te kom kuier. Hulle het gesels oor Vivo, die Vrouefees by die Boerebemarkingsdag, haar vertoning Almal is Mal!, en ploegskoene…
As jy nog nie kaartjies het nie, besoek die Vivo Boerebemarkingsdag se webwerf (http://localhost/vivo/) en koop vir jou en jou gesin elk ‘n kaartjie teen R150 per persoon per dag, of R200 vir twee dae. Skoolgaande kinders betaal slegs R50 en Vivo CVO-skoolleerlinge se ingang is gratis.
R24 500
D blokke
R17 400
B blokke
R14 800
C blokke
R8 600
A blokke