Sluit aan by ons vir betekenisvolle paneelgesprekke by die Vivo Boerebemarkingsdag, die grootste landbou-ekspo in Limpopo.
Datum: Saterdag, 23 Augustus 2025
Plek: GROW-tent, Vivo Boerebemarkingsdag
Kaartjies: R150 per persoon
(Jou kaartjie gee toegang tot die feesterrein én die paneelgesprekke)
Tema: Boere-erfenis
Kom luister na insiggewende gesprekke oor sake wat die boeregemeenskap en landbou raak:
– Die jeug se betrokkenheid by boerdery – hoop of uitdaging?
– Die rol van Afrikaanse landbouleierskap en waardes in die huidige politieke en ekonomiese klimaat
– Tegnieke en tradisies van volhoubare boerdery wat tussen generasies oorgedra word
– Die betekenis van Boere-erfenis in ’n moderne Suid-Afrika
Paneellede:



Hierdie paneelgesprekke bied jou die geleentheid om na kundige menings te luister, nuwe perspektiewe te ontdek en saam te dink oor die toekoms van boerdery en boere-erfenis in Suid-Afrika.
Bespreek nou jou kaartjie teen R150 per persoon en wees deel van hierdie unieke ervaring by die Vivo Boerebemarkingsdag.
R24 500
D blokke
R17 400
B blokke
R14 800
C blokke
R8 600
A blokke