Is jy ons Vivo Aartappelopbrengs Koning?

‘n Splinternuwe geleentheid om te wys wié die boer van die jaar is!

Doel:

Die doel van die Vivo Aartappelopbrengs Koning is om ’n platform te skep waar aartappel produsente kan meeding vir die hoogste opbrengs, om nader aan die genetiese potensiaal te beweeg en om van mekaar te leer.

Opbrengs speel ‘n fundamentele rol in ‘n aartappel produsent se winsgewendheid. Aartappels SA en Vivo Boerebemarkingsdag bied ‘n Vivo Aartappelopbrengs Koning kompetisie aan vir aartappel produsente in die Limpopo produksie gebied.

Aartappel produsente word aangemoedig om deel te neem aan die opbrengskompetisie deur hulle innoverende produksietegnieke ten toon te stel om die hoogste opbrengste per hektaar te behaal, ongeag die kultivar wat gebruik word. Elke produsent kan 0.1 Ha inskryf op enige produksie perseel van sy keuse. Die opbrengs van die perseel word aan die Vivo Boerebemarkingsdag gelewer en geskenk.

Kategorieë:
Top opbrengs uitgedruk in Ton/ha

Hoe om in te skryf :

  • Registreer jou blok op die Potatoes SA Toepassing (APP)
  • Plot die blok in die “Field Monitor” gedeelte.
  • Die inskrywings k oste van R1 000 sluit evaluasie koste in
  • ‘n Produsent kan tot drie persele inskryf.

Reëls:

  • Produksiepraktyke moet volledig bekend gemaak word. Deur deel te neem, stem die deelnemers saam dat die produksiepraktyke in die media gepubliseer mag word.
  • Die gebruik van wettige hulpbronne en/of produksiepraktyk om opbrengste te verhoog, word toegelaat.
  • Die volgende moet nagekom word:
    • Kultivars moet ingevolge die Plantverbeteringswet geregistreer wees.
    • Gewasbeskerming en plantvoeding moet geregistreer wees kragtens Wet 36 van 1947;
  • Elke deelnemer sal ‘n inskrywingsfooi betaal van R1000 per inskrywing om die opbrengs te evalueer.
  • ’n Inskrywingsblok sluit in ‘n aaneenlopende blok van ’n enkele variëteit van 0.1 hektaar.
  • ‘n Onafhanklike landboukundige, sal by die oes teenwoordig wees om die gewig en oppervlakte wat geoes is te bevestig.
  • In die geval van ’n privaatskaal moet die gewig op ’n gekalibreerde skaal met ’n kalibrasiesertifikaat geweeg word.
  • Deelnemers mag enige 0.1 ha blok identifiseer binne ʼn sirkel van sy keuse.
  • Kwalifiserende blokke moet op die Potatoes SA App vasvang word.
  • Deelnemende blokke moet binne 50 dae na aanplanting ingeskryf word.
  • Opbrengs van elke boer se blok moet aan Farmwise bemark word en dit is ‘n kontrole punt vir die opbrengs bepaling. M.a.w. as daar 6 ton na Farmwise gestuur is dan was die opbrengs gelykstaande aan 60ton/ha.
  • Deelnemers moet aan die organiseerders sewe dae kennis gee van sy beplande oesdatum.
  • Die onafhanklike landboukundige sal tydens die oes betrokke wees om te verseker die regte blok wat ingeskryf is, word geoes, apart verpak en versend na Farmwise.
  • Indien weer oes belemmer sal ‘n opvolg oesdatum aangebied word.
  • Berekeninge moet tot een desimale plekke uitgevoer word, insluitend rou data.
  • Deelnemers mag:
    • Enige Kultivar van sy keuse inskryf
    • Enige bemestingsprogram gebruik
    • ‘n Gewasbeskermingsprogram van sy keuse gebruik
    • Deelnemers mag slegs geregistreerde produkte gebruik.
  • Die volgende inligting moet die inskrywing insluit vir die produksie effektiwiteit kategorie:
    • Kultivar inligting
    • Bemestingsprogram
    • Spuitprogram
  • In die geval van ‘n gelykop uitslag sal die hoogste markprys op die dag van bemarking gebruik word om die wenner te bepaal.
  • Kompetisie is vanaf 1 Mei 2024 tot 31 Januarie 2025.

Deelnemers se verpligtinge:

  • Finaliste sal genooi word om die toekenningsgeleentheid by te woon by die Vivo Boerebemarkingsdag.
  • Die wenners sal gevra word om hul praktyke op Aartappels SA se platforms te plaas.
  • Inskrywings moet binne die eerste 50 dae na plant geregistreer word
  • Pryse word op die diskresie van die borge bepaal en kan nie verander word sonder hulle goedkeuring nie.

Dit sal vir ons ‘n voorreg wees indien u deelneem aan die Vivo Aartappel Koning kompetisie.

Foto Markus Spiske | Unsplash

 

Platinum
pakket

R24 500
D blokke

Goue
pakket

R17 400
B blokke

Standaard
pakket

R14 800
C blokke

Mikro
pakket

R8 600
A blokke

Mammamall
stalletjies

R1 800

kos-
stalletjies

R3 750