Maak gereed vir ‘n opwindende tweede dag by die Vivo Boerebemarkingsdag!

Vrydag is feesgangers met warm harte by die eerste dag van die Vivo Boerebemarkingsdag verwelkom, en nou is ons reg vir dag twee!

Die tweede dag skop vroeg af met kosstalletjies, hekke en die Vrouefees se propvol program wat reeds om 08:00 begin. Daar is iets vir almal, van kinderpret en Western Riding om 09:00, tot boeresport wat om 12:00 begin. Feesgangers kan ook uitsien na landbou-demonstrasies om 14:00, en die toutrekkompetisie om 16:00 gaan vir seker vir groot opwinding sorg!

Nog ‘n hoogtepunt van die dag is die rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks wat om 17:00 op twee groot skerms gekyk sal kan word.

Adam Tas en Demi Lee Moore bring hul ongelooflike talent na die verhoog, waarna ons tot laat gaan saamkuier.

Kom sluit by ons aan vir ‘n dag propvol aksie, vermaak, en herinneringe by die Vivo Boerebemarkingsdag!

 

Platinum
pakket

R24 500
D blokke

Goue
pakket

R17 400
B blokke

Standaard
pakket

R14 800
C blokke

Mikro
pakket

R8 600
A blokke

Mammamall
stalletjies

R1 800

kos-
stalletjies

R3 750