Nile se betrokkenheid as borg by die Vivo Boerebemarkingsdag 2025 is meer as net ’n strategiese bemarkingsgeleentheid, dit is ’n bewys van hul toewyding aan die mense en plaasgemeenskappe wat Suid-Afrika se landbou aan die gang hou. Hulle glo in volhoubare ondersteuning, eerlike bemarking en digitale oplossings wat regtig werk – vir boere, deur boere.
Met kernwaardes wat op deursigtigheid en vennootskap gebaseer is, pas Nile perfek in by die boeregemeenskap van Vivo. “Ons gee aan boere volle sigbaarheid oor hul produkte, van aanbieding op ons platform tot betaling in hul bankrekening,” sê die span. “Ons tree op as ’n werklike ondersteuner van die boer, veral in moeilike tye.” Soos boere mekaar help, help Nile elke produsent om suksesvol te bemark en te groei.
Vir Nile is betrokkenheid by ’n plattelandse ekspo nie ’n verpligting nie, maar ’n voorreg. “Die breër Vivo-area lê ons baie na aan die hart,” sê hulle. “Ons bou ons besigheid op vertrouensverhoudings, en dit begin met ’n teenwoordigheid in die gemeenskap.”
Vanjaar se borgskap sluit ook spesiale ondersteuning vir CVO-skool Vivo in, ’n skool wat sorg vir baie van die streek se boerekinders. “Ons wil die beste hê vir hierdie trotse Christelike Afrikaanse skool, dit is deel van ons langtermynbelegging in die streek.”
Op die ekspo self kan besoekers uitsien na Nile se bekende tent met vars versnaperings, goeie geselskap en insiggewende gesprekke. Hulle sal ook vanjaar nuwer ontwikkelings wys, onder meer sagteware soos hul prys-paneelbord, nuwe insetfinansieringsopsies en verskaffers op hul digitale platform.
Nile glo dat ekspo’s soos die Vivo Boerebemarkingsdag ’n groot rol speel in die groei van plaaslike landbou. Dit bring tegnologie, kennis en mense bymekaar, en dit gee boere die geleentheid om terugvoer te gee en nuwe idees te toets. “As dit goed gereël word, en ten bate van die regte doel, soos hier in Vivo, is dit ’n wen-wen.”
Aan jong boere het Nile ’n eenvoudige boodskap: Bly optimisties en opgewonde oor landbou en onthou dat ’n boer altyd ’n plan maak.
Hulle hoop is om boerdery in Limpopo van krag tot krag te sien gaan, met Nile as ’n betroubare vennoot op die pad vorentoe.
Die Vivo Boerebemarkingsdag 2025 vind plaas op 22–23 Augustus, en Nile is reg om weer ’n betekenisvolle bydrae te maak.
R24 500
D blokke
R17 400
B blokke
R14 800
C blokke
R8 600
A blokke