Vier die hartklop van landbou saam met die Vivo Boerebemarkingsdag

Die hartklop van plaaslike samewerking, kultuurviering en landboutrots sal vanjaar weer klop by die Vivo Boerebemarkingsdag, wat van 4 en 5 September 2026 in Vivo, Limpopo, sal plaasvind. Die beplanning vir hierdie jaar beloof om nog groter, beter en meer opwindend te wees, met verbeterde programme, bekende kunstenaars, ’n uitgebreide MammaMall, en die nuwe Maroela Media paneelgesprekke wat diepte, insig en innovasie in die landbou- en gemeenskapslewe sal bring.

Hierdie unieke jaarlikse ekspo bly die kernfondsinsamelingsprojek vir CVO Skool Vivo, maar dit is soveel meer as net ’n fondswerwingsgeleentheid. Die Boerebemarkingsdag bring boere, besighede, gesinne en die plaaslike gemeenskap saam in ’n viering van tradisie, kultuur en samehorigheid. Van tegnologiese landboudemonstrasies, indrukwekkende uitstallings, tot gesinsvriendelike aktiwiteite en kuns- en kultuuraanbiedings, daar is iets vir elkeen om te beleef.

Die 2026 program beloof ’n verskeidenheid hoogtepunte:

  • Bekende kunstenaars wat die verhoog sal betree vir onvergeetlike vermaak
  • ’n Groter en beter MammaMall met plaaslike handwerk, lekkernye en kreatiewe produkte
  • Maroela Media paneelgesprekke, wat relevante landbou- en gemeenskapskwessies sal aanspreek
  • Interaktiewe kinderspeletjies
  • Kompetisies en geleenthede wat plaaslike talent vier

Die Vivo Boerebemarkingsdag is ’n geleentheid waar boere, besighede en gemeenskapslede saamwerk en deelneem, nie net om die skool te ondersteun nie, maar ook om die streek se landboutrots en kultuur te vier. Die deelname van elkeen dra by tot die unieke en kosbare samehorigheid wat hierdie geleentheid vir almal spesiaal maak.

 

Platinum
pakket

R24 500
D blokke

Goue
pakket

R17 400
B blokke

Standaard
pakket

R14 800
C blokke

Mikro
pakket

R8 600
A blokke

Mammamall
stalletjies

R1 800

kos-
stalletjies

R3 750