Of jy nou ‘n plaaslike boer, ‘n besigheidseienaar of ‘n gesin is wat ‘n dag in die buitelug wil geniet, die grootste landbou-ekspo in Limpopo het iets vir almal. Die Vivo-boerebemarkingsdag het vanjaar ‘n indrukwekkende versameling van meer as 100 uitstallers. Met alles van landboumasjinerie tot plaaslike handewerk, kan jy seker wees jy sal iets vind wat jou sal interesseer.
Trek jou vellies aan, sit jou hoed op, skink ‘n koppie boeretroos en kom kuier saam by die Vivo-boerebemarkingsdag wat van 12 tot 14 Oktober in die boeredorpie Vivo, Limpopo, plaasvind.
Met vermaak vir die hele gesin, is dit ’n uitstekende geleentheid om ’n familienaweek van hierdie geleentheid te maak. Vanjaar sal Prop en Bok van Blerk op onderskeidelik Vrydag- en Saterdagaand as hoofgaskunstenaars optree. Deur die dag sal daar ook vermaak vir oud en jonk wees.
Boonop gaan Landbouweekblad saam met die kundiges van HolmStone gespreksessies oor die koolstofmark en energie-oplossings aanbied!
Die Vivo-boerebemarkingsdag, wat ontstaan het as ’n geldinsamelingsprojek vir die plaaslike CVO-skool, het oor die jare van net ’n boeredag tot een van die grootste landbouskoue in Limpopo gegroei. Die skou is ’n bemarkingsgeleentheid vir besighede om met boere van reg oor die hele Limpopo besigheid te doen. Die boerebemarkingsdag bied ’n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei ten opsigte van die nuutste tegnologie, produktiwiteitoplossings en enige landbouverwante kwessies.
“Die hoofklem van hierdie bemarkingsgeleentheid is om die boer en die besigheid bymekaar uit te bring. Ons nooi boere van regoor die hele Limpopo om die naweek te kom bywoon en ons moedig besighede aan om interaktief hulself te bemark, asook om met die boere te netwerk. Verlede jaar het ons boere van so ver as Koster gehad wat kom saamkuier het,” sê CT van der Merwe, voorsitter van die Vivo-boerebemarkingsdag en uitvoerende hoof van AL3 Boerdery.
R24 500
D blokke
R17 400
B blokke
R14 800
C blokke
R8 600
A blokke