Die tyd het weer aangebreek vir die grootste boeredag van die jaar in Limpopo, die Vivo-boerebemarkingsdag! Hierdie is Limpopo se grootste jaarlikse landbou-ekspo en boeredag en beloof om beter en groter as ooit van tevore te wees.
Die Vivo-boerebemarkingsdag vind plaas vanaf 12 tot 14 Oktober 2023 in Vivo, Limpopo, en bied ‘n skitterende program vir alle boere, besigheidspersone en gesinne.
Die Boerebemarkingsdag is die hartklop van die boeredorp Vivo en die hoofbron van inkomste vir die plaaslike skool.
Hierdie geleentheid is ‘n fantastiese bemarkingsgeleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo besigheid te doen. Die Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei ten opsigte van die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en enige landbouverwante kwessies.
Verder bied die Bemarkingsdag geleentheid vir besighede om te netwerk met plaaslike en provinsiale boere op ‘n informele, boeremanier!
CT van der Merwe, voorsitter van die Vivo-boerebemarkingsdag, sê die hooffokus van hierdie bemarkingsgeleentheid is om die boer en die besigheid bymekaar uit te bring.
Met meer as 3 500 besoekers per dag en meer as 150 besighede wat in 2022 deel was van hierdie ongelooflike geleentheid, beloof hierdie jaar se Vivo-boerebemarkingsdag om selfs beter te wees.
Prop en Bok van Blerk sal Vrydag- en Saterdagaand as hoofgaskunstenaars optree. Daar is ook ‘n reeks aktiwiteite om oud en jonk besig te hou. Die Snuffelmark en Plaas-Proe-Produkte van die MammaMall bied ‘n kans om interessante items te ontdek, en al die verversing en wegneemetes word deur die plaaslike gemeenskap verskaf.
Vir 2023 word ook ‘n spesiale VroueFees beplan om die boervrou te vier. Hierdie fees bied ‘n program van sprekers, gaskunstenaars, werkswinkels, en nog meer aktiwiteite wat ons vroue sal geniet en besig sal hou.
Kom maak ‘n draai en beleef self die boere hier se gasvryheid en gemeensaamheid.
R24 500
D blokke
R17 400
B blokke
R14 800
C blokke
R8 600
A blokke