Vivo Boerebemarkingsdag | Die eerste dag van die Vivo Boerebemarkingsdag is hier!

En so het die eerste dag van die Vivo Boerebemarkingsdag aangebreek! Die gees loop hoog hier in die hartjie van die Bosveld en uitstallers van regoor die land is hier vir die feesnaweek.

Die Vivo Boerebemarkingsdag het oor die jare van net ’n boeredag tot die grootste landbouskou in Limpopo gegroei, en vanjaar gaan NOG beter en NOG groter wees! Die opbrengs uit die landbou-ekspo word vir die finansiering van die CVO Skool Vivo se aktiwiteite aangewend.

Die kosstalletjies het reeds om 08:00 geopen. Die jongklomp kan uitsien na kindervermaak wat van 10:00 tot 17:00 oop sal wees.

André 4×4 by die 4×4-bane, André Kock & Seun Veeveiling en die Vrouefees @ Drukgang is ook deel van vandag se propvol program.

Om 18:00 sal die gewilde Arno Jordaan & Jay ons feesgangers vermaak.

CT van der Merwe, voorsitter van die Vivo Boerebemarkingsdag, sê die naweek beloof pret en plesier vir gesin, boer en besigheid. “Ons is baie opgewonde en sien uit na wat die naweek sal oplewer!

 

Platinum
pakket

R24 500
D blokke

Goue
pakket

R17 400
B blokke

Standaard
pakket

R14 800
C blokke

Mikro
pakket

R8 600
A blokke

Mammamall
stalletjies

R1 800

kos-
stalletjies

R3 750