Het jy ’n foto wat wys wat boerwees vir jóú beteken? Van grond tot generasies, trekker tot tuiskombuis – wys dit vir ons!
Vivo Boerebemarkingsdag 2025 loods ’n opwindende fotokompetisie – en jy kan deel wees van dit alles!
Wat wen die beste foto?
Eerstens – die reg om flink te spog (sonder verskoning!)
Tweedens – GRATIS toegangkaartjies na die 2025 Vivo Boeredag
Derdens – Jou foto in die top 10 en dalk op ons promosiemateriaal!
Hoe werk dit?
1️⃣ Neem ’n foto van wat BOERWEES vir jou beteken!
2️⃣ Laai dit op Facebook of Instagram.
3️⃣ Gebruik #Boerwees2025 én #VivoBoeredag2025.
4️⃣ Tag @VivoBoerebemarkingsdag.
5️⃣ Maak seker jou plasing is “public”.
6️⃣ Noem watter kamera of toestel jy gebruik het.
7️⃣ Geen KI-beelde – net regte plaasrealiteit!
Sluitingsdatum: 31 Julie 2025
Deur in te skryf gee jy toestemming dat ons jou foto mag gebruik vir bemarking.
Hoe word wenners gekies?
Top 10 word bepaal deur die meeste “likes”
️Finaliste sal beoordeel word deur ’n paneel van kenners.
Wenner word aangekondig 8 Augustus 2025 op sosiale media.
Moenie agterbly nie!
Jou lens kan wys wat woorde nie kan sê nie. Hierdie is jou kans om jou storie van #Boerwees met die wêreld te deel!
R24 500
D blokke
R17 400
B blokke
R14 800
C blokke
R8 600
A blokke